Tuesday, November 4, 2014


Vir Kersfees reis ons lang paaie. Om saam te wees. Ons dink aan dinge soos lig wat kom skyn het. En ons besef maar weer dat ons harte die lig nodig het. 'n Aand saam met Koos gee jou kans om Kersfees na jou hart toe te bring. Die liggies is nie té blink nie. Die liedjies nie té vrolik nie. Met gedigte en musiek wat gewone harte help om die skaduwees van die lewe en die liefde gereed te maak vir Kerslig sal Koos se 'Kersfees van die Hart' 'n onvergeetlike begin vir jou Kersseisoen wees.

1 comment: